Friday 20 November 2015

LOOF DIE HERE / PRAISING THE LORD

Om God te loof in alle omstandighede, selfs wanneer ons onsself in 'n situasie bevind waar die vyand ons  totaal in wanhoop gebring het ten opsigte van die toekoms, is die les te leer uit Job se voorbeeld. Selfs nadat Job al sy besittings verloor het en sy gesondheid aangetas is, bly hy God loof. Job verstaan nie al die dinge wat met hom gebeur het nie en eis selfs in sy menslikheid dat sy geboortedag vervloek moet word. Sy vrou, daarenteen, voel dat hy God moet vloek en moet sterf, maar Job hou onwrikbaar vas aan sy geloof in God selfs al voel hy Godverlate. Mag u en ek begryp dat God in alle omstandighede God is en bly en dat ons skuiling by Hom kan vind wanneer die bose ons probeer oortuig om alle hoop te laat vaar. Moenie toegee aan die mensemoordenaar se valse invloed nie en hou aan roep tot God. Hy sal jou gebed hoor. Sy ore is nie te doof om te hoor nie en Sy arm is nie te kort om ondersteuning en uitkoms te bring nie. Inteendeel, Hy sê aan u en my dat ons ons begeertes aan Hom moet bekend maak.



To praise God in all circumstances, also when our enemy forces us into a situation of complete hopelessness regarding the future, is a lesson  to be learned from Job. Even after Job had lost all his possessions and his health had been taken away, he still chose to praise God. Job did not clearly understand why all these things happened to him and even demanded that the day of his birth be cursed. His wife's opinion, however, was that Job should rather curse God and die, but Job held steadfast on to his faith in God, even though he felt that God had left him. May you and I be comprehensive of the fact that God is God in all circumstances and that we can take refuge in Him when the evil one tries to convince us to give up all hope. Don't give in to the human murderer's false influences and keep on calling God. He will answer your prayers. His ears are not deaf to your plea and His arm not too short to support  and bring relief. In fact, He tells us to make all our heart's desires known to Him. 

Monday 2 November 2015

WOLWE / WOLFS

Tussen al die openlik demoniese moorde en korrupte, goddelose daaglikse gebeure in Suid-Afrika deur, wat geweldig toegeneem het gedurende die laaste 22 jaar onder die regering van die ANC, moet Christen volgelinge ook bewus wees van daardie goddelose mense wat hul geledere binnesluip en ook voordoen as Christene. Judas, die broer van Jakobus, was so geïriteerd deur hierdie goddelose mense, dat hy selfs die inhoud van sy brief verander het om sy mede broers en susters te waarsku teen hierdie goddelose sondaars. Judas het ons aangemoedig om onsself op te bou in ons heilige geloof, om te bid in die Gees en om in die liefde van God te bly terwyl ons op Jesus wag om ons deur Sy genade tot ewige lewe te bring. Jesus ons Verlosser is magtig om ons te bewaar van struikeling en om ons sonder gebrek voor ons Vader se heerlikheid te stel met gejuig. Aan ons Verlosser en enigste God kom toe heerlikheid, majesteit, krag en mag tot in alle ewigheid.





Among all the openly demonic murders and corrupt, ungodly daily occurrences in South Africa, which escalated profoundly under the reign of the ANC over the last 22 years, Christian followers also need to be aware of those ungodly people who infiltrate their ranks under pretension that they are also Christians. Jude, the brother of James, was so irritated by these ungodly people, that he changed the content of his letter to warn his fellow brothers and sisters about these ungodly sinners. Jude urges us to build ourselves up in our holy faith, pray in the Spirit and to stay in God's love while we await Jesus to bring us to eternal life through His mercy. Jesus our Savior is able to keep us from falling and to present us before our Father's glorious presence without fault and with great joy. To our Savior and only God belongs glory, majesty, power and authority for evermore.