Monday 1 August 2016

VERKIESING 2016 / ELECTION 2016

Suid-Afrikaners staan voor 'n kruispad. Die wat voorstaanders vir korrupsie, diefstal, moord, verkragtings, swak dienslewering of dikwels geen dienslewering is sal voortgaan om die ANC aan bewind te hou. Diegene wat 'n verandering wil bewillig sal 'n stem teen die party uitbring. Sommige stel voor die verkiesing van die amptelike opposisie, die DA. Christene moet egter seker maak dat hulle die party van hul keuse se standpunte  ondersteun wanneer hulle hul kruisie maak. Die atmosfeer in Suid-Afrika sal egter slegs verander wanneer die lig onder die maatemmer uitgehaal word en die hele huis verlig, of wanneer die stad op die heuwel se krag aangeskakel word sodat die lig wyd skyn en die duisternis verdryf. Christene is dus die essensiele rolspelers om die atmosfeer te verander deur intense aanhoudende gebed en selfondersoek. Suid-Afrikaners moet ook onderskeid kan tref oor watter partyleiers geweld en ongeregtigheid aanpor en watter partyleiers 'n Suid-Afrika daar wil stel waarin alle mense se vooruitgang van belang is. Mag God gee dat daar 'n vredevolle en regverdige verkiesing plaasvind en dat die duisternis nie beheer sal neem nie.



South Africans find themselves at a crossroad. Those in favor of corruption, theft, murder, rape, bad service deliverance or many times no service delivery at all, will proceed to keep the ANC in power. Those in favor of a change will vote against this party. Some are suggesting a vote for the DA, the official opposition. Christians, however, need to make sure that they endorse the views of their chosen party. The atmosphere in South Africa will only change when the light source is taken from under the bowl and put on a stand to light up the whole house, or when the power of the city on the hill is switched on so that the light coming from it shines widely and drives away the darkness. Christians are therefore essential role players to bring about change in the atmosphere through intensive continual prayer and self examination. South Africans also need to differentiate between which party leaders are instigators of violence and unrighteousness and which party leaders are promoting a South Africa where the improvement of all citizens are of importance. May God grant that a peaceful and fair election will take place and that darkness will not take control.

No comments:

Post a Comment